Die Buiter se geheim (boek 6)

BUI04
R175

In hierdie sesde Die Buiter-boek, is James Surrock een van min mense aan die Kaap wat weet dat Jean de Moreaux en die Buiter een en dieselfde persoon is.

In stock (can be backordered)

SKU: BUI04
Deel:
  • Beskrywing
  • Resensies (0)

Beskrywing

In hierdie sesde Die Buiter-boek, is James Surrock een van min mense aan die Kaap wat weet dat Jean de Moreaux en die Buiter een en dieselfde persoon is. Hy wil die Buiter dood hê, want hy wil graag so al sy besittings in die hande kry. Ongelukkig vir hom vergeet hy egter dat Willa Rossouw die Buiter liewer het as haar eie lewe en dat ’n mens se sondes jou altyd een of ander tyd inhaal. Met sy regterhand en sy bene druk hy hom van die grond af op. Hy steier teen die muur aan en ’n gevoel van duiseligheid sak op hom neer. Hy skud sy kop, maar selfs dié geringe beweging laat brandende steekpyne deur sy skouer en bors trek. Hy hou sy kop stil. Stadig verdwyn die flikkerende liggies voor sy oë. Dan sien hy die gebukkende gestalte weer hier voor hom. Hy hoor die man se hygende asemhaling en besef dat hy enige oomblik kan bykom en alarm maak. Jean skuif teen die muur langs. Hy vind dat as hy sy bolyf stil hou en net sy bene beweeg, die pyn dan nie so ondraaglik is nie. Dit is selfs asof hy aan die pyn gewoond raak! Reeds by die deur vind hy dat hy gemakliker kan stap. Nogtans is dit met ’n strompelgang dat hy oor die plaveiklippe na die borswering toe aansukkel. Hy hoor hoe Jacques sy asem vinnig intrek. “Ons moet vlug!” Sonder aarseling swaai Jacques om. “Draai jul rûe!” gebied hy skerp, amper soos ’n kobra wat verwoed sis voordat hy pik. “As julle praat of ons probeer keer, sal ons skiet!” Amazon skakel: https://amzn.to/49UKnSK

Resensies

Daar is nog geen resensies nie.

Plaas 'n resensie.
Jy moet ingeteken wees om 'n resensie te plaas. Teken aan