Die uitgeskeurde Bybelblad

UIT02
R100

‘n Boeiende verhaal oor die geloofsvervolging in Nederland tydens die Kerkhervorming.

In stock (can be backordered)

Die uitgeskeurde ...

Loading...

SKU: UIT02
Deel:
  • Beskrywing
  • Resensies (0)
  • Amazon E-boek

Beskrywing

Ernst Veldenaar en Elizabeth van Linschoten se verhaal begin toe ’n vrou, ter wille van haar Protestantse geloof, in die stad Rotterdam tot die dood veroordeel word. Haar enigste misdaad was dat sy volgens haar gewete en die Woord van God, Jesus Christus as haar enigste Middelaar en Saligmaker gekies het. Die vervolging van die Roomse Kerk het altyd erger, altyd feller geword. Niemand was seker van sy lewe nie. Op grond van die geringste agterdog is mense gevang, in die tronk gegooi en gruwelik gepynig. Dié wat nie hul Protestantse geloof wou opoffer nie, is veroordeel om lewend verdrink of verbrand te word. ’n Uitgeskeurde Bybelblad, uit die eerste sendbrief van die apostel Johannes, sou op ’n wonderbaarlike wyse ’n groot rol in Ernst en Elizabeth se lewens speel. Daardie martelaars was die voorouers van die meeste van ons. Hulle bloed vloei vandag in ons are. Ons hoef ons beslis nie daaroor te skaam nie, want hulle was manne en vroue van eerlike opregtheid – beginselvas en standvastig. En as die pous van die Roomse Kerk gedink het dat hy deur vervolging en pyniging en marteling die vuur van die Hervorming wat in die harte van ons voorouers gebrand het, kon uitblus, dan het hy hom vergis. Hulle het vasgestaan in die geloof, ja, só vas en onwrikbaar dat geen helse mag teen hulle kon seëvier nie! Hou Christus self sy kerk in stand – vergeefs die hel se woede. As Here aan Gods regterhand regeer Hy ons ten goede. Hy is in alle leed steeds tot ons hulp gereed, bewaak die Christendom, en waar die vyand kom, stuit Hy die bose woede. Geskryf deur G. Tillotson

Resensies

Daar is nog geen resensies nie.

Plaas 'n resensie.
Jy moet ingeteken wees om 'n resensie te plaas. Teken aan

Amazon E-boek

Amazon skakel: https://amzn.to/49LCeyT