Die Bybel oorvertel vir oud en jonk

Die Bybel oorvertel vir oud en jonk
R565

Oorvertelling van Bybelse verhale waarin die eenheid tussen die Ou en Nuwe Testament eerbiedig word. Deur Gesina Ingwersen.

SKU: BYB00
Deel:
  • Beskrywing
  • Resensies (0)

Beskrywing

Die skryfster het uit byna alle Bybelboeke vertellings gekies, met die uitsondering van ’n paar profete en die briewe in die Nuwe Testament. Dit maak hierdie vertelboek uiters geskik om die eenheid van die Ou en Nuwe Testament duidelik te maak. Veral die uitsien na die koms van die Messias, so dikwels genoem in die Ou Testament, kry baie aandag. Die Ou en Nuwe Testament hoort bymekaar, en moet beide gelees word om die Bybel te kan verstaan. ’n Mens kom onder die indruk van die groot en heilige God wat barmhartig en genadig, maar ook regverdig is. Hierdie is beslis ’n boek om in u kinders se hande te gee of daaruit vir hulle voor te lees. Dit kan ook vir Bybelstudie, kategese en evangelisasie gebruik word. Onderwysers sal die boek baie geskik vind om te gebruik vir die voorbereiding van Bybellesse.

Resensies

Daar is nog geen resensies nie.

Plaas 'n resensie.
Jy moet ingeteken wees om 'n resensie te plaas. Teken aan