- Beskrywing
- Resensies (0)
Beskrywing
Die Uile is nie meer vyf nie maar vier … Toe Berrie du Toit vriende maak met Ernest Fouché, gebeur die onverwagse: Berrie breek weg van die eens hegte groep Kranskopse vriende wat hulleself die Uile noem. Hoekom is Berrie nou vriende met Ernest wat die skoolreëls oortree en so ’n bullebak is teenoor Jorsie Neethling, die kleinste Uil? Kan daar tog iets goed in Ernest steek? Met krieket kan Berrie en Philip Senekal, die leier van die Uile, nog saam speel sonder dat hulle regtig saam hoef te werk. Maar toe breek die rugbyseisoen aan en in die doodsnikke van die naelbytwedstryd teen Excelsior is dit moontlik nog net spanwerk tussen Berrie en Philip wat die telling in Kranskop se guns kan beklink … Intussen maak die Uile ’n geheimsinnige ontdekking en Jorsie is vasbeslote om dié raaisel op te los.










![Soeker na waarheid [K] P](https://www.liginduisternis.co.za/wp-content/uploads/2025/03/augustinus-300x426.jpg)








Resensies
Daar is nog geen resensies nie.