Lafras Cuyper in die Britse lokval

Lafras Cuyper in die Britse lokval
R180

Die Britte beraam ’n plan om Lafras Cuyper saam met die Hirondelle na die bodem van die see te stuur. Sal hulle slaag? Deur Karl Kielblock.

In stock (can be backordered)

SKU: LAF04
Deel:
  • Beskrywing

Beskrywing

Karl Kielblock het verskeie boeke geskryf, waaronder die Lafras Cuyper-reeks baie bekend is en wyd versamel word. Dit handel oor seeavonture in diens van twee oorlogvoerende moondhede vroeg in die 19de eeu. Hierdie is die vierde boek in dié reeks. Die boeke is propvol opwinding, spanning en avontuur! Lafras Cuyper se boot is die Hirondelle – en die Hirondelle is die vinnigste korvet in die Indiese oseaan. Geen wonder dat die Engelse bevelvoerders in Indië die jong kaperkaptein vrees nie, want min van hulle het nog nie met sy buitengewone gesigsvermoë, wakker verstand, waaghalsigheid en dapperheid kennis gemaak nie. Toe die jong man hulle vir die soveelste keer vir die gek hou, besluit hulle dat daar so gou moontlik drasties teen hom opgetree moet word. Hulle stuur drie skepe om hom gevange te neem of, as dit nie anders kan nie, saam met sy boot na die dieptes te stuur. Hulle glo hulle plan is waterdig, maar hulle hou nie rekening met die feit dat ‘n heldedaad Lafras twee waardevolle Engelse bewonderaars besorg het nie; dat hul eie spioen homself verraai het om die koekie groen lekkerruikseep … Die verhaal van Lafras Cuyper is op feite gebaseer.