- Beskrywing
- Resensies (1)
Beskrywing
’n Bybelstudie aan die hand van die boek Hoséa. Die profeet Hoséa het ’n besonderse prys betaal in sy roeping om profeet te wees. Op bevel van die HERE moes hy trou met ‘n vrou wat as beeld van God se vrou Israel, hom baie smart aandoen deur haar ontrouheid. Wanneer daar geen salf aan haar te smeer is nie en sy eintlik op die ashoop hoort, moes Hoséa haar weer gaan terugkoop en huis toe bring.



















Ds. Mechiel Adendorff het op 12 Oktober 2017 vir hierdie Bybelstudieboek wat in 2016 verskyn het, die Lig in Duisternis-prys vir 2016 ontvang – negentien dae voor hy op 1 November oorlede is.
Die boek Hoséa word sistematies deurgewerk en al die betrokke Bybelgedeeltes is in die handleiding afgedruk Tog is dit raadsaam om die Bybel langs jou te hê en ’n potlood in die hand terwyl jy lees.
Elke vers, woord en naam word met skrifverwysings verduidelik. Skrif word met Skrif verklaar terwyl die boodskap van die boek Hoséa op die Christene van vandag toegepas word. Die titel is dus in die kol.
Hoséa is nie ‘n “onbekende” Bybelboek nie. Almal ken immers die verhaal van die profeet wat met ‘n prostituut moes trou om die verhouding tussen God en Israel uit te beeld. Tog voel dit vir die leser asof hoe verder hy vorder, hoe minder hy weet, dus is HOSÉA VIR VANDAG besonder leersaam en insiggewend. Hierdie knap studie bring die leser deurgaans onder die besef van God se onbeskryflike groot genade. Maar die oordeel lê voor!
Micky Badenhorst
November 2017