- Beskrywing
- Resensies (0)
Beskrywing
Hierdie preekbundel bestaan uit twee dele. In bundel 1 sal die leser die profeet Hábakuk se pad van angs tot ekstase deur sy volgehoue worsteling met God ervaar. Die tweede deel van bundel 1, “Onvervreembare Blydskap”, is ’n besinning oor die tien verskynings van die opgestane Jesus in die veertig dae tussen Paassondag en hemelvaart. Bundel 2, God en ons vyeblare, handel oor Génesis 3, wat die worteloorsaak van al ons sonde beskryf. Christenwees is soldaatwees – nie in die denkbeeldige sin van die woord nie, maar in die werklike en veeleisendste sin van die woord. Wie dit nie besef nie, verstaan van Christenskap bloedweinig en gaan die een of ander tyd aaklig ontnugter word.



















Resensies
Daar is nog geen resensies nie.