- Beskrywing
- Resensies (0)
Beskrywing
Robert Moffat was ān helder denker, maar ook vaardig met sy hande. Hy was sterk, prakties van aard en net die regte ou om naby te hĆŖ as jy in die moeilikheid was. Daarbenewens was hy dapper en sy hart het gebrand om die nuus van die Here Jesus aan die mense van Afrika te bring. Te midde van die probleme met droogte, wilde diere en selfs die assegaaie van die mense wat hy wou help, het hy sy besondere geaardheid en gawes gebruik om die evangelie te versprei. Met ān dapper hart was hy ān baanbreker om ān werk in Afrika te begin wat vandag nog voortgaan. Hy en sy vrou het die weg gebaan vir David Livingstone om Afrika toe te kom. By vergaderings in Brittanje het hulle hom met die toestande in daardie kontinent bekend gestel. David is later met hulle dogter, Mary, getroud.
















![Soeker na waarheid [K] P](https://www.liginduisternis.co.za/wp-content/uploads/2025/03/augustinus-300x426.jpg)


Resensies
Daar is nog geen resensies nie.