Sondagviering

Sondagviering
R190

In stock (can be backordered)

SKU: SON03
Deel:
  • Beskrywing

Beskrywing

Ná sy opstanding het die opgestane Here Jesus Christus veertig dae gebruik om sy dissipels oor die dinge van die koninkryk te leer (vgl. Hand. 1:3). Hy het hulle verstand geopen om te verstaan dat die Skrifte in Hom vervul is (vgl. Lk. 24:44-45). Die bepalings van die Ou Testamentiese sabbat is in Christus se verlossingswerk volbring. Sonder begrip hiervan kan ons een van twee foute begaan: óf ons word Sabbatariërs, óf ons verontagsaam die vierde gebod. Christus se vervulling van die Tien Gebooie beteken nie dat Hy dit kom afskaf het nie. As deel van die wet is die vierde gebod daarom nog van krag. Deur sy sondelose gehoorsaamheid het Hy die inhoud daarvan verwerklik. Die eerste Adam het gruwelik misluk; die tweede Adam het die nuwe verbond oorwinnend ingestel. Die oue is verby; die nuwe het aangebreek. Hierdie boek beskou die vierde gebod (die sabbatsgebod) vanuit die hoek dat die Tien Gebooie steeds op die kerk van toepassing is, maar vestig die aandag op die middelaarskap van Christus. Amazon skakel: https://amzn.to/3QFPM7a